Updates
General Assembly Jun. 2017 Paar hoogtepunte uitgelig deur ds. Dawie de koker (rustenburg gemeente).

- Nooit ooit weer mag ons sê ons is 'n Amerikaanse kerk! Meer as 70% van Nasareners woon buite die VSA. Afrika Streek is 'n kortkop agter die VSA Streek se lidmaatskap.
- Terwyl baie kerke regoor die wêreld skeur, en baie lidmate hulle kerke verlaat agv die verwarring oor "Human Sexuality", het ons Algemene Sinode met 'n bykans eenparige stem die resolusie goedgekeur wat (met groot liefde en omsigtigheid vir die sensitiwiteit van die saak), sê dat ons bly by die tradisionele Bybelse standpunt van Seksualiteit en Huwelik.
- Ons kerk het die afgelope 20 jaar verdubbel, en die verwagting is dat ons weer gaan verdubbel oor die volgende 5 jaar. Al ons streke - insluitend die VSA wat vir 50 jaar stilgestaan het, het goeie groei getoon en duisende nuwe gemeentes (volgens 'n nuwe definisie) is geplant en bykans nog 8,000 is in proses om georganiseer te word.
- Die Nazarene Essentials is van kardinale belang vir elke gemeente. Hoe groter en meer gediversifeer ons word wêreldwyd, is die "Essentials" die DNA wat ons aanmekaar vasbind as 'n familie en ons EEN maak. Daar is nou ook 'n opvolg-reeks uit wat net so belangrik is.
Click here to download the whole "General Assembly Jun. 2017 presentation.
Klik hier om die hele "General Assembly Jun. 2017 presentation" af te laai.